Veronica Prinsloo van UCTech Security praat oor die belangrikheid van goeie diens, en hoe hulle aangepas het met Covid-19. Sy deel ook haar passie vir goeie klantediens en vertel hoekom sy glo dat elke klant welkom moet voel in hulle winkel. Regine le Roux van Reputation Matters deel haar kennis oor waardes in 'n besigheid, en verduidelik hoe jy die regte waardes vir jou onderneming kan kies.