Wat doen jy om finansieel te oorleef wanneer iemand wat afhanklik van jou is, ernstig siek word? En hoe weet jy of jy voldoende versekering het vir so 'n situasie? Richus Nel van PSG Wealth vertel watter impak dit op jou kan hê as 'n afhanklike siek word. Marise Smit van Brenthurst Wealth vertel wat dit beteken as jy ekstra geld op jou huisverband betaal. En prof. Danie Meyer van die Noordwes-Universiteit deel sy mening oor strukturele ekonomiese hervorming, en hoekom dit juis nou noodsaaklik is dat die regering die regte stappe moet doen om Suid-Afrika te herbou.