Richus Nel, 'n geakkrediteerde finansiële adviseur van PSG Wealth, gesels oor onsekerheid en emosies tydens Covid-19, hoe dit jou beleggings raak en wat jy kan doen om jou emosies te beheer en die regte besluite oor jou beleggings te neem. Ian Scott, hoof van vaste rentedraende instrumente by Momentum, veruidelik hoe jy oorsese beleggings moet kies, en raai aan dat jy kundiges raadpleeg vir finansiële advies.