Danie Hellet van DK Cheapies praat oor die belangrikheid van sy werkers, die stres van inperking en die lewenslesse wat sy pa hom oor besigheid en die lewe geleer het. West Hendriks, kandidaat-eiendomsagent van Emacplan Eiendomme in Pretoria, gesels oor die tendense in die eiendomsmark en die verskil wat professionele foto's maak wanneer jy jou eiendom verkoop. Marli Schnetler van OneDayOnly vertel hoe grendeltyd hulle besigheid geraak het, en hoe hulle dit oorleef het.