Eugene Botha van Momentum praat oor buitelandse beleggings, en hoekom dit so belangrik is om die regte vrae te vra wanneer jy jou geld wil belê. Weet jy hoeveel fooie daar op die belegging is, en watter uitwerking dit op jou opbrengste kan hê? Is jy die eienaar van 'n kleinsake-onderneming, maar het nie 'n benul wat bemarking behels en hoe om jou dienste of produk te adverteer nie? Anton Roelofse van Business Partners Limited gee raad oor effektiewe bemarking.