Hoeveel Suid-Afrikaners is gereed om af te tree? Hoe goed is Suid-Afrikaners wat werk, ingelig oor hulle voorsorg- of pensioenfonds? André Tuck van 10x Investments vertel van die navorsing wat hulle gedoen het oor die spaargewoontes van Suid-Afrikaners, en hoe gereed hulle vir aftrede is. Ebeth van Heerden van Schroders Suid Afrika gesels oor hulle navorsing wat in 32 lande gedoen is om uit te vind watter faktore vir beleggers belangrik is wanneer hulle in ‘n maatskappy wil belê.