Olivia Sambo praat met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare oor die belangrikheid van jou persoonlike inligting. Sy doen 'n beroep op lede om ten alle tye die regte inligting aan die fonds te stuur, want selfs die kleinste teenstrydigheid in inligting kan jou uitbetaling vertraag. En dan gesels Johan Vorster van PPC Sement oor die belangrikheid van die boustof in die boubedryf, en hoekom sement ten alle tye aan die regte standaarde moet voldoen.