Olivia Sambo gesels met Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir staatsamptenare oor die ontstaan, voordele en die stand van die fonds. Sy verduidelik ook die verantwoordelikhede van lede, en werp lig op die mees algemene redes waarom eise afgekeur word en veroorsaak dat lede langer vir hulle geld moet wag.