Olivia Sambo doen 'n samevatting van al die voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds met Anta de Korte en Isaac Mogorosi. Hulle gesels weer oor hoe die eise bereken word, en verduidelik wat skeefgeloop het met die opgradering van hulle aanlynstelsel. En Richus Nel van PSG Wealth praat oor die risiko's wanneer jy jou eie besigheid besit, en hoe jy voorsiening kan maak vir onvoorsiene voorvalle.