Die laaste van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierdie Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulleself kan bemagtig vir 'n suksesvolle beroepslewe. Kenners praat weer oor verskillende geldpersoonlikhede, en hoe kennis hieroor jou kan help om die hantering van jou eie finansies, asook die van jou lewensmaat, beter te verstaan.