Die tweede van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulle gedagtegang kan verander om hulle posisie te verbeter t.o.v. loopbane, salarisse en entrepreneurskap.'n Kenner beantwoord ook 'n luisteraarsvraag oor aftrede, aftreeprodukte en die raad wat finansiële adviseurs soms verkeerdelik gee.