Swartvrydag en Kubermaandag het onlangs van Amerika na Suid-Afrika oorgewaai. 'n Skuldberader gee die voor- en nadele van die groot afslagdae en hoe jy dit reg kan benader om te verhoed dat jy te veel op onnodige winskopies uitgee. En 'n finansiële beplanner praat oor buitelandse beleggings terwyl plaaslike markte sukkel.