Met die swak ekonomie het baie Suid-Afrikaners skaars geld om deur die maand te kom, wat nog te sê spaar. 'n Behoorlik opgestelde begroting is jou beste gids deur enige finansiële storm. 'n Ekonoom verduidelik stap vir stap hoe 'n mens dit doen. 'n Kenner praat ook oor klein- en medium sake-ondernemings wat noustrop trek.