Soveel as 70% van motors op die land se paaie is nie verseker nie, waarskynlik omdat verbruikers wil spaar. Dit kan 'n voertuigeienaar egter baie duur te staan kom. 'n Versekeraar praat hieroor en gee wenke oor hoe om op motorversekering te bespaar. 'n Verbruikerspesialis verduidelik ook waarom die inligting op etikette op kosprodukte en klere belangrik is, en hoekom jy dit moet lees voordat jy iets koop.