In die laaste gesprek in 'n reeks oor aftrede, kyk 'n finansiële kenner na die grootste foute wat mense maak, en veral die rol wat ons verhouding met geld hierin speel. 'n Arbeidsregkenner klaar verwarring op oor permanente en sogenaamde tydelike kontrakte. En 'n prokureur verduidelik wat gedoen moet word wanneer volmag verval as jy nie meer in staat is om self besluite oor jou finansies te neem nie.