'n Versekeraar verduidelik wat jy alles moet doen voordat jy in die buiteland reis, sodat jy nie sonder reisversekering siek word, in 'n omgewing beland wat deur 'n natuurramp getref word, óf deur politieke geweld geteister word nie. Daar is ook wenke vir entrepreneurs oor hoe om te alle tye gerief aan klante en kliënte te verseker. En Amore Bekker deel haar filosofie oor geld, en die finansiële lesse wat sy in haar lewe geleer het.