'n Skuldberader gee wenke hoe jy ekstra geld kan verdien. 'n Finansiële kenner praat oor die moets en moenies wanneer jy besluit om jou onderneming saam met 'n vennoot te bedryf, en 'n finansiële beplanner gee raad aan afgetredenes hoe om hulle beleggings te versorg in moeilike ekonomiese tye.