Hoe raak die onlangse rentekoersverhoging jou geldsake? Arehan Brand praat met Johann van Tonder, 'n ekonoom en navorser, oor die redes vir die styging. Hy vertel ook watter van jou maandelikse paaiemente voorkeur moet geniet, wat verbruikers kan doen om geld te spaar, en hoe die res van 2022 lyk vanuit ‘n ekonomiese perspektief.