Goeie reën is altyd welkom maar, daar sal ‘n toename in plae wees. Een van die grootste uitdaging vir akkerbou produsente, wat grane insluit, is kommando wurms. Die wurms het reeds hulle verskyning gemaak by ‘n groente produsent tussen Ongwediva en Ondangwa. Die bekende Landboukenner Dr Kobus Laubscher meen produsente moet dringend aandag geen en stappe neem om die plaag te beheer.