Reën is in die lug en oral in Namibië, veral in die verre suide, is daar groot dankbaarheid vir die neerslae wat oor die afgelope week of meer ontvang is. Maar hoe lyk die vooruitsigte? Die bekende Meteoroloog Johan van den Berg gesels vanoggend met Pieter Moller oor die heersende modelle... en dinge lyk skitterend...