Igna Klynsmith bespreek verskeie hofsake wat uiteenlopende regsbeginsels illustreer. Die onderwerpe sluit die volgende in: genadedood; anomalieë ten opsigte van die strafbaarheid van kinders teenoor volwassenes vir die besit van dagga; ingeligte toestemming tot mediese prosedures; die balans tussen vryheid van spraak en haatspraak; en die hervestiging van 'n geskeide ouer met 'n minderjarige kind as die ander ouer weier.