Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die belastingimplikasies vir ouers wat 'n huis gebou het op 'n erf, wat in hulle dogter se naam geregistreer is. Hy bespreek ook hofsake oor 'n vrou wat in 'n openbare swembad deur 'n hond aangeval is, en 'n eis vir pyn en lyding teen 'n man omdat hy sy vrou 'n week ná hulle troue verlaat het.