Igna Klynsmith skop die program af met luisteraarsvrae oor boedels en testamente. ‘n Luisteraar sê haar eksman is onlangs oorlede, en sy boedel wil tans geen onderhoud betaal om aan hulle seun se behoeftes te voldoen nie. Sy wil weet of daar nie enige tussentyds maatreëls is wat kan help, tot die boedel gefinaliseer is nie. Igna bespreek ook ‘n vraag oor of testamente iewers geregistreer moet wees, en of die eksekuteurs se name in testamente aangedui behoort te word. Advokaat Phillip Maree praat oor minimumlone.