Igna Klynsmith praat oor ‘n persoon wat aan die ontvangkant van ‘n sogemaamde liefdeswendelaar was, wat hulle liefde totaal en al op ‘n onbilikke manier uitgebuit het. Hy praat ook oor ‘n situasie waar die ouers van ‘n kind nooit getroud is nie, maar die pa gediagnoseer is met MS, en die ma steeds onderhoud van hom wil eis. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor die verskillende verbintenisse in die Suid-Afrikaanse reg.