Die volgende word bespreek. Die weiering van versekeraars om besighede se eise te betaal vir verliese gely weens die inperking. Hoe lank nadat iemand seksueel aangerand is, kan die slagoffer nog 'n klagte lê? Tot watter mate mag 'n ouers hulle kinders tugtig? Kan 'n vrou wat besig is om te skei van haar man wat haar mishandel, hom uit die huis laat sit? 'n Hofsaak wat beslis het dat 'n kind se ouma in die plek van sy biologiese pa intestaat van hom moet erf.