Igna Klynsmith bespreek 'n wetswysiging oor ouerskapverlof vir mans, asook 'n paar uiteenlopende hofsake oor spoedbeperkings binne deeltitelkomplekse; ouers se wangedrag by skolesport; minimumvonnisse vir bedrog, en lasterlike opmerkings. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor wanneer 'n trust eindig.