Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels met Johan Botes oor die geldigheid van aanstellings op 'n proeftydperk, en fluitjieblasers. Daar is ook raad oor waar om aan te klop as jy probleme het met vakansieklubs wat op 'n puntestelsel werk. Hulle bespreek ook die vraag of eienaars van twee wooneenhede op dieselfde erf, aan al die vereistes van 'n deeltitelkompleks moet voldoen.