Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak van 'n vrou teen haar voormalige kêrel om hom te verbied om eksplisiete foto's van haar te versprei. Hulle bespreek ook die verpligting om binne 'n seker tyd te bou in sommige nuwe ontwikkelings; wanneer 'n gevangene vir parool in aanmerking kom; en die toelaatbaarheid van psigometriese toetse deur werkgewers.