Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor die volgende regsvrae: Is dit verpligtend dat die prokureur wat in die koopkontrak van eiendom aangedui word, die oordrag daarvan behartig? Beïnvloed die feit dat 'n geskeide pa gay is die besoekregte ten opsigte van sy kinders? Kan die bepalings van 'n testamentêre trust later verander word? Wie is aanspreeklik vir jou mediese koste as jy beseer word by 'n rolbalklub?