Die volgende vrae van luisteraars word deur Igna Klynsmith en Ian Wessels bespreek: Is ek verplig om dit aan te meld as ek vermoed 'n kind word mishandel? Het 'n spermdonateur enige ouerlike regte ten opsigte van die betrokke kind? Wat kan 'n geskeide man doen as hy toegang tot sy kinders geweier word? Kan 'n privaatskool op jou huis beslag lê vir onbetaalde skoolgeld? Wanneer kwalifiseer 'n mens vir regshulp?