Strafregkenner Llewellyn Curlewis kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vrae te beantwoord. Hulle bespreek private vervolgings; of daar 'n verpligting op die publiek rus om misdaad aan te meld; of staatskaping nie op hoogverraad neerkom nie; tot watter mate jy hulp moet verleen aan die polisie; uitstelboetes en die bedrag van borg; en onder watter omstandighede 'n hofsaak na afsluiting heropen kan word.