Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag of hy jare na 'n motorongeluk nog van sy versekering kan eis nadat hy nie vir dronkbestuur vervolg is nie. Hy bespreek ook 'n paar interessante regsvrae: Is dit diefstal as 'n werkgewer nie afgetrekte PAYE- en BTW-heffings aan SARS oorbetaal nie? Kan daar beslag gelê word op iemand, wat agterstallig is met onderhoudsbetalings, se pensioen en vaste eiendom?