Igna Klynsmith bespreek luisteraars se vrae met Ian Wessels. Hoe gemaak as jou baas se vrou jou probeer afpers na 'n kantoorfunksie? Wanneer kan 'n munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir verkragting op hulle eiendom? Moet 'n eiendomsagentskap 'n geldige getrouheidsfondssertifikaat hê om kommissie te kan ontvang? En kan iemand weens heksery teenoor sy werkgewer ontslaan word, selfs al glo hy nie daaraan nie?