Igna Klynsmith praat oor verskeie uiteenlopende regskwessies soos die proses om 'n nuwe maatskappy te stig, die invloed van 'n beskuldigde se minderjarige kind op haar vonnis, en die alter ego beginsel ten opsigte van trusts. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor 'n bank se aanspreeklikheid teenoor 'n maatskappy wie se bestuurder ongemagtigde onttrekkings gemaak het.