Arbeidsregkenner Johan Botes gesels verder met Igna Klynsmith en Ian Wessels oor aspekte van die Arbeidsreg, soos wanneer mag 'n werkgewer jou vorige kriminele oortredings in ag neem voor hy jou aanstel. En hoe werk handelsbeperkings wat 'n werknemer verhoed om ná bedanking sy eie besigheid te begin? Hy bespreek ook 'n hofsaak wat die grense van seksuele teistering wyer trek as wat baie mense besef.