Igna Klynsmith wy die grootste deel van die program aan 'n bespreking oor wanneer 'n mens in selfverdediging of noodweer mag optree. Hy beantwoord ook die vraag of 'n weduwee wat finansieel deur haar kinders gehelp word, steeds 'n onderhoudseis teen haar oorlede man se boedel het.