Igna Kynsmith gesels met Ian Wessels oor die onlangse uitbreiding van ontoerekeningsvatbaarheid as verweer. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die beslaglegging op 'n man wat nog nie afgetree het nie se pensioen vir agterstallige onderhoud, en wat dit beteken om van bed en tafel geskei te wees. Is dit vandag nog relevant?