Ian Wessels en Igma Klynsmith gesels oor die sanger Jub Jub Maarohanye se appèl teen sy skuldigbevinding aan moord, waarin belangrike bevindings oor dolus eventualis (opset by moontlikheidsbewussyn) gemaak is. Hulle bespreek ook wanneer die wetgewing wat verbruikers beskerm, ook op huurders van toepassing is; of die munisipaliteit jou krag kan afsny as die vorige eienaar van jou huis hulle nog geld skuld; en wanneer jy 'n huweliksvoorwaardekontrak kan sluit om jou huwelik binne gemeenskap van goed te verander.