Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
March 17, 2025Regsake 17 Maart 2025Igna Klynsmith praat oor regspersone en natuurlike persone, en wat dit beteken. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen PRASA. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n saak wat handel oor die koop van ‘n eiendom waar die kopers gedink het hulle korespondeer met ‘n prokureur, maar toe is dit nie ‘n prokureur nie....more22minPlay
March 10, 2025Regsake 10 Maart 2025Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die POPI-wet. Spesialisgas Susan de Wet vertel van ‘n saak oor die Appèlhof wat die Padongelukkefonds vasgevat het....more18minPlay
March 03, 2025Regsake 3 Maart 2025Igna Klynsmith praat oor die regsposisie van watervloei van ‘n hoërliggende eiedom na 'n laerliggende eiedom. Dit gebeur dikwels dat bejaardes weens ouderdom en ‘n gebrek aan vermoë ‘n sogenaamde volmag aan ‘n kind gee om hulle sake te bestuur. Is dit die regte roete om te volg? Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse bespreek volmagte en demensie....more22minPlay
February 24, 2025Regsake 24 Februarie 2025Igna Klynsmith praat oor Sportreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek die geldigheid van Artikel 7(7)(c) van die Wet op Ekskeidings, wat handel oor gade wat nou teen mekaar se boedels kan eis, al is hulle buite gemeenskap van goedere getroud....more21minPlay
February 17, 2025Regsake 17 Februarie 2025Igna Klynsmith bespreek die saak van Johanna van Arkel, beter bekend as Joan of Arc. Spesialisgas Volker Kruger vertel van 'n saak wat met ‘n dispuut oor agentekommissie handel. Twee agentskappe eis kommissie ten bedrae van R966 000 t.o.v. die verkoop van ‘n eiendom vir R24-miljoen. Wie moet die kommissie in hierdie geval kry?...more25minPlay
February 10, 2025Regsake 10 Februarie 2025Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor bygelowe en heksery. Hy praat ook oor teistering, en hoe jy jouself kan bekerm. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor kubermisdaad....more25minPlay
February 03, 2025Regsake 3 Februarie 2025Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die waardasie van haar oorlede skoonma se eiendom. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n vraag wat handel oor ‘n luisteraar se werkgewer wat nie vir haar verlof wil gee nie, aangesien sy maand-tot-maand gekontrakteur word, en slegs ‘n jaar by die maatskappy betrokke is....more23minPlay
January 27, 2025Regsake 27 Januarie 2025Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n vrou wat met haar man van bed en tafel geskei is, maar nou haar deel van ‘n eiedom wil verkoop. Spesialisgas Volker Kruger bespreek drie sake waar die hof gevra is om in te meng met ‘n erflater se testeervryheid, deur klousules in ‘n testament te skrap....more22minPlay
January 20, 2025Regsake 20 Januarie 2025Igna Klynsmith bespreek die grondwetlike geldigheid van sekere artikels van die wysigingswet op strafreg, spesifiek die seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede-wet 32 van 2007. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die afdwingbaarheid van ‘n Lewende Testament, nadat ‘n hospitaal geweier het om aan ‘n pasiënt s'n gehoor te gee....more21minPlay
January 13, 2025Regsake 13 Januarie 2025Igna Klynsmith praat onder meer oor ‘n 2024 saak, wat handel oor wraak-pornografie. Hy praat ook oor korrupsie met die uitreiking van bestuurslisensies. Spesialisgas Volker Kruger bespreek 'n Wes-Kaapse Hooggeregegshofsaak wat handel oor 'n dispuut oor ‘n testament. Hy lees die relevante testamentêre bepalings, en jy kan dan besluit wat jy dink die hof beslis het....more25minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.