Sign up to save your podcasts
Or

Ronell nooi jou uit na #HERBESOEK, 'n Meditasiereeks Vir Januarie 2023
Waarom 'n plek 'n tweede (of selfs 'n derde of vierde keer) besoek, as daar nog soveel plekke is wat jy nog nie gesien het nie?
Waarom 'n boek weer en weer uit die boekrak haal om te lees, terwyl daar soveel boeke is wat nog nie gelees is nie?
My eerste gedagte hieroor is, “want ek is nie meer dieselfde mens nie.” Insigte het ervaring. Ander ervaringe laat 'n mens nuut kyk. En, natuurlik, daar is altyd iets wat jou aandag ontglip het. Amper soos 'n teksvers in die Bybel wat jy beslis voorheen al gelees het (kyk dan net, dit is selfs onderstreep), maar dit voel asof jy dit nou, vir die eerste keer, werklik raaksien.
Natuurlik is daar 'n ander rede ook: in 'n verbruikerskultuur word ons gemotiveer om altyd iets nuuts te ontdek. Selde gaan sit ons net om te onthou. Nóg en nóg is nie altyd beter nie… Terugblaai en nadink mag dalk net wees wat nóú nodig is.
2023 staan soos 'n gespanne perd, trillende spiere, gereed om uit die wegspringhokke te kom. Soveel nuwe dinge om te ervaar; soveel nuwe dinge om te leer; soveel nuwe dinge om te ontdek. Maar trek net eers die leisels in. Kom ons haal eers diep asem en sê, “hokaai …” Kom ons herbesoek 'n paar ou gedagtes. Dalk het iets ons aandag ontglip.
En dit is presies wat ons in die nuwe meditasiereeks - #Herbesoek – gaan doen. Uit die 1429 dagstukke wat ek tussen 1 Februarie 2019 en 31 Desember 2022 geskryf het, word 31 daarvan afgestof: nie “die bestes” of die “mooiste geskryf” nie, maar wel daardie wat ons dalk die meeste uitdaag; dit wat ons dieper oor ons lewens laat nadink.
Klik en kyk na Ronell se video-uitnodiging: https://youtu.be/gmojTbO3d5k
Ek nooi jou om hierdie nuwe reeks (oor ou gedagtes) vanaf 1 Januarie saam met my te volg. 31 meditasies oor 31 dae. Jy kan hierdie dagstukke of saans, of soggens per whatsapp ontvang. Elke dagstuk word afgerond met 'n bypassende musiekstuk. Jy kan dit ook op my webwerf, Facebook of Instagram lees, of as 'n potgooi op alle bekende potgooiplatforms soos Spotify luister. Onthou, daar is ook elke aand 'n aandgebed op Instagram en Facebook.
Klik hier om meer te lees oor die reeks:
https://ronellbezuidenhout.co.za/herbesoek
Agtergrondmusiek: Awesome God op akoestiese kitaar deur Pagisahen.
Opname gedoen by La Crêperie koffiewinkel by Tergniet
By Ronell BezuidenhoutRonell nooi jou uit na #HERBESOEK, 'n Meditasiereeks Vir Januarie 2023