Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Ronell nooi jou vir 'n gratis koppie koffie


Listen Later

As jy Saterdag in die Tuinroete is wil ek jou uitnooi vir ’n gratis koppie koffie by La Crêperie tussen Reebok en Tergniet.   Ek gaan daar wees tussen 10:00 en 13:00 op Saterdag, 17 Desember 2022, en ek gaan ook ’n voorraad van my nuwe boek “Dankbaar Desondanks” beskikbaar hê wat ek persoonlik vir jou kan teken. 

Die nuwe dagstukkie-bundel is net die regte kersgeskenk vir familie vriende of sommer vir jouself.  Die boek het 31 Gedagtes oor dankbaarheid, elke met daaglikse dankbaarheidsoefeninge.  

“Verwondering en dankbaarheid is karperde.  Die Een wat die tuig vashou, is die Drie-Enige God: die Gewer, die Geskenk en die Dankbaarheid.”

Die pragtige  La Crêperie-koffiewinkel is op die hoek van die R102- en Sorgfonteinpad regs by die #Tergniet kruising as jy van #George af kom, of aan jou linkerkant as jy van #Keinbrakrivier af kom.

Ek hoop om daar te sien. 

Ronell

NS: Jy kan ook die boek aanlyn bestel. Lees meer by http://www.leefhoop.com/product/dankbaar/

#DankbaarDesondanks #LeefHoop #GratisKoffie
www.ronellbezuidenhout.co.za

Pragtige agtergrond musiek:  

Deon Meiring se lied  “Gee ons rus”.  Hy het dit tydens 2016 se Kersseisoen geskryf en die lied se musiek is ook die agtergrondmusiek vir ons potgooie en bemarking die maand.   Deon noem dit ’n Interpretasie van Kersfees.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout