Covid-19 het ons gedwing op 'n ander wyse te begin dink en het geweldige aanpassinge vereis, nie net in ons leefwyse nie, maar ook in ons denke. Die opvoeding van ons kinders is nou onder die soeklig, weens al die onsekerheid oor die veiligheid van skole in terme van Covid-19. Ons leef nou in 'n wêreld waar die reëls herskryf moet word, maar ons is steeds besig om uit te pluis wat die reëls nou eintlik is. Meer ouers begin ook nou oorweeg om met tuisskool onderrig te begin, maar is onseker oor wat hulle te doen staan, en wat dit behels. Vandag gesels ek met Rike Wedderbun van Pretoria, 'n tuisskool ma, en sy deel 'n paar kosbare wenke oor die lewe as tuisskoler. Dis nie 'n maklike besluit nie, en 'n geweldige groot verantwoordelikheid, want jou kind se opvoeding raak jou verantwoordelikheid. Jy gaan jou pad verloor, en moedeloos raak, maar die belangrikste is dat jy nie onnodige druk op jouself of jou kinders moet stel nie. Tuisskool het ook die voordeel dat jy dit op verskillende maniere kan aanpak, en jy kan eksprimenteer, tot jy 'n metode vind wat vir julle as gesin werk. Daar's 'n wonderlike sêding tussen tuisskolers wat sê, "Jy bou tuisskool rondom jou lewe, nie jou lewe rondom tuisskool nie." As jy dit oorweeg om self jou kind te leer, luister gerus na die onderhoud met Rike, net om die eerste tree na duidelikheid te neem.