RSG Landbou

RSG Landbou

Download on the App Store

RSG Landbou episodes

  • RSG Landbou: Landbou-akwakultuur
    7 November 2026: Hierdie is ‘n storie oor films, gevinde diere, en hoe die wêreld onder water deurgaans aanpas. Jy kan glo dat feite gereeld fiksie troef in die ekonomie van verbasing. Wat plaaslike seelewe betref, is die merkbare verandering in haaigedrag ook iets wat ons ondersoek. Ferdie Endemann is ‘n voorligter in landbou-akwakultuur.
    12 min
  • RSG Landbou: Langgewens-navorsingsplaas vier 100 jaar
    6 November 2026: Annalene Swanepoel is die wetenskaplike bestuurder van die plantdirektoraat by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Liezl Mackenzie is ‘n geografiese inligtingstelsel-tegnikus by dieselfde departement. Die navorsingsplaas, Langgewens, het vanjaar sy honderdste bestaansjaar gedenk. Die twee dames dink liefderyk terug aan hulle grootwordjare op die plaas, asook die grensverskuiwende navorsing waarvan hulle deel was op dieselfde plaas.
    23 min
  • RSG Landbou: SA se sitrusuitvoere
    5 November 2026: In 2025 was daar sowat eenhonderdduisend hektaar sitrus in die grond, en die totale uitvoere was meer as 204 miljoen kartonne. Dit het Suid-Afrika vir die eerste keer die wêreld se grootste uitvoerder van vars sitrus maak. Die SA Sitrusakademie dra by tot dié sukses. Op 12 November word ‘n wildsplaas in die Tosca-omgewing opgeveil. Chris Derksen is op sy pos met die week se vleispryse, en Johan van den Berg het hopelik goeie nuus oor die weervooruitsigte vir somergraanaanplantings.
    25 min
  • RSG Landbou: Cape Natural Tea Products vier 30 jaar
    4 November 2026: Hoe kan landbou met vertroue aan die verbruiker ‘n gehalteproduk lewer? Hendri Truter van DeliCo het by die afgelope Toyota US Woordfees hierdie vraag beantwoord. Hy praat ook oor noodsaaklike samewerking tussen rolspelers in die landbou. Alex Revelas van die Bosveld Bonsmara-groep praat oor hulle 40ste produksieveiling op 12 November op Bela-Bela. Cape Natural Tea Products is vanjaar 30 jaar oud. Ons het hulle vieringe op die Weskus bygewoon.
    25 min
  • RSG Landbou: Brande
    3 November 2026: Volgens weerkenner Johan van den Berg moet grondeienaars in sowel die winter- as somerreënvalgebiede die volgende paar maande op hulle hoede wees vir brande. RSG Landbou het onlangs met Tiaan Pool van die Nelson Mandela Universiteit oor brande gesels. Watter rol speel klimaatsverandering en El Niño daarin, en is Suid-Afrika voorbereid? ’n Vastetermyn-dienskontrak vir tydelike werkers kan spesiale klousules bevat waarvan werkgewers kennis moet neem. Heinrich Victor is terug met die jongste wolmarkverslag.
    26 min
  • RSG Landbou: Agri-Expo se projekte
    2 November 2026: Het jy geweet Agri-Expo se ontstaan dateer terug na 1831, toe die Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap gestig is? Breyton Milford het by die Toyota US Woordfees met ons gesels oor die projekte wat Agri-Expo aanbied, soos plattelandse skoue en die jaarlikse SA Suiwel- en Preserveerkampioenskap. Dit alles het ten doel om landbou te bevorder. Ons hoor wat Waldo Scheepers, die bestuurshoof van Wagyu SA, sê oor die afgelope Wêreld Wagyu-kongres wat vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou is.
    25 min
  • RSG Landbou: Carmen se olyfolie
    31 Oktober 2026: Carmen Brink het destyds op die plaas Oakhurst Olives in Tulbagh haar loopbaan begin as agriwerker. Vandag bestuur dié 35-jarige die proelokaal waar gaste van regoor die wêreld Aandoen om meer te leer oor Suid-Afrikaanse olyfprodukte.
    12 min
  • RSG Landbou: Rooijakkalse bly groot uitdaging vir kleinboere
    30 Oktober 2026: Rooijakkalse bly ’n groot uitdaging vir kleinskaalse bestaans- en opkomende boere, omdat hulle op skape jag maak en aansienlike veeverliese en finansiële druk veroorsaak. Riaan Wolhuter, ‘n buitengewone medeprofessor by die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor navorsing in dié verband.
    21 min
  • RSG Landbou: Laastedrift Agri se sukses met BigBuck Gala-appels
    29 Oktober 2026: Het jy geweet te veel vrugte aan ‘n boom is nie vir die uitvoerprodusent ideaal nie? Die wenner van die 2026 Buks Nel-wisseltrofee, Laastedrift Agri se Daniël Cillie, vertel van hulle prestasie met die BigBuck Gala-appels en wat goeie appelproduksie behels. Agri Skills Transfer het onlangs ‘n toekenning ontvang vir hulle bydrae tot innovering in landbou. Johan van den Berg is terug met die weervooruitsigte, en Chris Derksen is op sy pos met die week se vleispryse.
    24 min
  • RSG Landbou: Hoe lyk wynbedryf se toekoms?
    28 Oktober 2026: Het jy geweet daar is 9 000 wynetikette op Suid-Afrika se wynrakke? Dit laat ‘n mens wonder hoe die toekoms van Suid-Afrika se wynbedryf lyk. Ons luister na ‘n gesprek by die Toyota US Woordfees met Rico Basson van South Africa Wine. Dr. Helet Lambrechts van die Universiteit Stellenbosch het tydens die LRF se Veeskool meer lig gewerp op fetale programmering, en die invloed wat 'n koei se voeding op haar nageslag se lewenslange prestasie het.
    25 min

About RSG Landbou

From the publisher's feed

'n Program vir boere dwarsoor die land.