Dis amper onmoontlik om tyd te kry om saam op te neem! Jackie het inisiatief geneem en hierdie lekker episode vanuit haar siekbed opgeneem oor Isak se taalontwikkeling. Sy vertel hoe sy en Francois Isak se woordeskat uitgebrei het, en verduidelik hulle strategie met behulp van drie hoofbeginsels. Alhoewel hierdie 'n baie insiggewende en behulpsame episode is, is dit belangrik om te onthou dat elke kind op sy of haar eie tyd ontwikkel. As jy enige bekommernis het oor jou kind se spraak, is dit belangrik om professionele hulp te kry. Geniet dit, en lekker kuier saam met ons!