Hebreers 11 is die verhaal van geloofshelde, mense wat onthou sal word vir hulle geloof, maar ons weet tog baie goed dat hierdie sg “helde” baie foute gemaak het, dat hulle eintlik maar net gewone mense was soos ek en jy met foute. Heb 11:1 verklaar “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Dit beteken ons sal moet leer om God te vertrou, al sukkel ons om te glo en werk dinge nie uit nie – dit is nie ‘n voorwaardes vir geloof nie.