Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die toenemende werksverliese weens maatskappye wat hul bedrywighede afskaal of die land heeltemal verlaat, is kommerwekkend. ArcellorMittal SA maak einde September toe met 3 500 werksgeleenthede wat verlore gaan. Ford Motor Company SA gaan 474 werkers by sy aanlegte in die Baai en Pretoria aflê. IRR-woordvoerder Makone Maja sê die massiewe beperkinge op sakeondernemings in Suid-Afrika moet deeglik hersien en aangespreek word: