Die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, waarsku artikel 10 van die bek-en-klouseer-inentingskema kan die uitdagings in die bestuur van die uitbreking vererger. Die boere-organisasie voer aan die skema gee te veel mag aan die direkteur van Dieregesondheid ten spyte van vorige mislukkings in die hantering van uitbrekings. Francois Rossouw van die organisasie waarsku vee-eienaars kan aansienlike finansiële druk ondervind, aangesien hulle die inentings- en veeartsenykundige koste onder die program moet dek: