Onderonsies onder parlementslede het die eerste twee dae van die hervatting van die Nasionale Vergadering se sitting ontwrig en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila genoop om dit vroeg te verdaag. Dinsdag se vroeë verdaging was ná ‘n hewige debat oor die reëls oor prosedures. Woensdag het Kuugongelwa-Amadhila verrigtinge verdaag ná ‘n stryery tussen Swapo- en opposisielede oor ‘n mosie om sittingsure te verleng.