Sanja Steyn gaan ten bate van Race4Grace aan die Xterra Driekamp-wêreldkampioenskap in Italië deelneem om geld in te samel vir weeskinders in Zimbabwe, waar haar ouers sendelinge was. Toe Haidee Muller-Isaacs verlede jaar met haar gesels het, was al hierdie dinge nog net drome. Nou is sy uiteindelik op pad!