Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.
August 31, 2026Sardyntjies en sardynherpesMarinebioloog Maryke Musson praat oor sardyntjies en sardynherpes nadat daar ook in Gqeberha sardyntjies uitgespoel het....more8minPlay
August 31, 2026In die wêreld van landbou 31 Augustus 2026In vandeesweek se landbounuus: Nóg ‘n terugslag vir die plaaslike suikerbedryf; die regering kondig ‘n 20%-invoertarief op grondboontjiebotter aan; Vrystaat Landbou is bekommerd oor ’n toename in landelike misdaadvoorvalle; en ons hoor hoe sommige provinsies met bek-en-klouseer-inentings vorder....more5minPlay
August 31, 2026Dierevoeding en die smaak van vleisProf. Phillip Strydom praat oor die invloed van ’n dier se dieet op die smaak van vleis....more11minPlay
August 31, 2026Robotstofsuier wat afloer‘n Man in Taiwan het deur ‘n robotstofsuier se kamera gesien dat sy vrou ontrou is. Gewapen met videomateriaal wen hy toe ‘n eis in die hof teen die twee. Daarna kry hy ‘n boete en vyf maande tronkstraf omdat hy met die videomateriaal sy vrou se privaatheid geskend het....more2minPlay
August 28, 2026Johan se muilwaritWat is die rede dat daar verskillende trekdiere, soos perde, osse en donkies ingespan is om waens en karre te trek? Johan Rademan het by Austin Cupida en Gerald Pietersen op Soetmelksvlei in die Franschhoek-omgewing gaan hoor waarvoor muile gebruik word op die plaas. Hy het saam met hulle op die wa gespring....more6minPlay
August 28, 2026360 Speseryroete: Kosmites - Wortels en spinasieKos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die mites van oranje wortels en die Huis van Oranje in Nederland, spinasie wat jou sterk maak, en dat daar nie getalle kos op jou bord mag wees nie....more6minPlay
August 28, 2026Auragevegte‘n Ander generasie se boerdery! “Aura farming” is ‘n aanlynkonsep wat nou in die regte wêreld vorm aanneem met auragevegte. Mense doen iets indrukwekkend, maar laat dit moeiteloos lyk. Toeskouers se reaksie bepaal wie die wenner is....more3minPlay
August 27, 2026Colin Fluxman (Deel 2)Die oudnuusleser, Colin Fluxman, wat al langer as 30 jaar in Amerika woon, vertel van die dag toe hy die nuus moes lees oor sy destydse vrou, 'n bekende TV-joernalis, se affair met 'n ewe bekende kerkman en anti-apartheidsaktivis....more9minPlay
August 27, 2026Jonk: Kos wat jy dink gesonder opsies isDieetkundige Valpré Huisamen praat oor kos, wat jy dink gesonder opsies is, maar nie altyd die geval is nie....more8minPlay
August 27, 2026Hof beveel boer om sy boord te vernietig‘n Britse publikasie berig oor ‘n hof wat ‘n Amerikaanse boer aangesê het om sy naktarienboord uit te trek. Dít nadat hy vanjaar die publiek genooi het om hulleself te help. Sesduisend besoekers het sowat 83 000 kilogram se vrugte daar weggedra....more2minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,453 episodes available.